Sunday, 16 June 2013

Hoe om 'n argument met 'n vrou te vermy

Hoe om ‘n argument met ‘n vrou te vermy.

Dit is nie mooi om in argumente te kom met mense nie,maar met vrouens,sjoe! dit is nou n ander saak.Dis soos wêreld oorlog XXIV !

Hier is n paar maniere om jou te help om die brander van die storm te vermy:

Eerstens op my lys,is die word ‘ niks ’. Waneer ‘n vrou die woord NIKS gebruik,verstaan asseblief dat sy nie sommer hierdie woord gebruik nie.Daar is definitief IETS wat aan die broei is.So,wees gereed vir wat ook al in jou rigting kom!

Waneer ‘n vrou ‘n vraag vra,byvoorbeeld ‘ Waar was jy gister aand?. ’ Wees eerlik.Die kanse is baie hoog dat sy weet alreeds waar jy was,met wie en wat jy gedoen het,maar as sy nie weet nie,nogtans moet nie leuens vertel nie.Onthou,vroumense vind altyd alles uit!

‘ Gaan voort! ’ dit is ‘n ‘Dare’ en nie toestemming nie.Jy is meer as welkom om dit te waag en om voort te gaan,maar onthou ,almal weet waar jy vanaand gaan slaap!

As jy ooit jouself in ‘n argument met ‘n vrou bevind en sy sê vir jou ‘ los my uit, ’ is daar net twee opsies :

Opsie een: Gehoorsaam haar bevel ‘ los my alleen ’ en twee dae later sal jy hoor hoe jy haar in die steek gelaat het waneer sy jou nodig gehad.

Opsie twee: Los haar NIE alleen nie!(die is die opsie wat sy sal eintlik verkies) en bring vir haar sjokolade,kos en ‘n vliek (verkieslik ‘ Greece’)enige iets om haar beter te laat voel en om jouself uit die ‘ dog box’ te kry.

‘ As sy die word ‘okei’ uitdruk met ‘n sug aan die EINDE van ‘n argument,wees verseker dat dit is NIE ‘okei’ nie,dit is eintlik ver van ‘okei’ en dit is beslis nie die EINDE nie!

Mans is meer reguit.Vroumense is nie so eenvoudig nie.Jy moet tussen die lyne lees om ‘n vrou te verstaan.Dit is maklik as jy die goue reel verstaan: JA beteken NEE en NEE beteken JA.

Bv. Man: ek is jammer maar ongelukkig kan ek nie vanaand maak nie skattie,is jy kwaad vir my?

Vrou: Nee .

Wat sy eintlik bedoel is: ek het ure gespandeer om my hare en naels te doen vir vanaand, JA! natuurlik is ek kwaad!

So,ja=nee

en nee=ja.

En indien die goue reël vir jou nie werk nie,dan is daar altyd … SJOKOLADE!


2 comments:

  1. Ek geniet jou "blog" baie!

    Let asb. op die volgende:

    1. Maak seker dat daar 'n spasie na elke punt en na elke komma is.
    2. Gebruik asb. deurgaans die ' vir 'n
    3. Wanneer jy ' .... ' gebruik, gebruik liewer die "...." en maak seker dat daar nie spasies na die eerste of voor die laaste een is nie.
    4. "die kanse is baie hoog" - die kanse baie goed
    5. "nogtans moet nie leuens vertel nie" - moet nogtans nie leuens vertel nie.
    6. Daar kom nie 'n spasie voor 'n : nie.
    7. "het waneer sy jou nodig gehad." - toe sy jou nodig gehad het.
    8. "vliek" - fliek
    9."dat dit is NIE ‘okei’ nie" - dat dit NIE "oukei" is nie.
    10. gebruik ë vir reël

    ReplyDelete