'sy was beelskoon.Lank krulige
goud-bruin hare wat ligter as die oggend son in my oë geskyn het .Haar kort
rooi-pers rok het onmiddellik my aandag getrek,maar nie so gou as haar glimlag
nie.Ahh,daardie asemrowende glimlag.Sy het nader en nader na my toe beweeg,soos
'n engel uit die hemelte. Mary-Jane Stewart was haar naam.
Ek het vir Mary-Jane op Universiteit
ontmoet en ons het onmiddellik vriende geword.Ons het vir ure lank
gepraat,gelag en baie tyd saam mekaar gespandeer .Die Winter nagte en Somer dae
het verdwyn en oor tyd het ek verlief geraak,verlief op Mary-Jane. Ek was dood
seker dat Mary-Jane dieselfde oor my gevoel het,ek bedoel.. al die tekens was
daar,hoekom dan anders het sy so baie tyd saam my gespandeer?
'n Telefoon oproep van Mary-Jane het my gedagtes bevestig.Sy het vir my
uitgenooi vir aandete.Dit het gevoel soos my hart uit my bors uit gespring
het.Ek het net reënboë en sterre gesien.Ek was definatief op wolke!
Ek het my nuwe swart broek en donker blou hemp gedra met my swart leer
skoene.Sal dit genoeg wees om Mary-Jane uit haar voete te sweep? Miskien sal ek
maar die groen hemp dra. Sy hou van groen.Hierdie was my kans,ek en Mary-Jane
sal uiteindelik meer as net 'buddies' wees.
Ek het opgedaag by die eetplek en
onmiddellik vir Mary-Jane gesien.Met haar sneeu-wit vel en haar groot
groen-blou oë.Dit het gevoel soos die eerste keer dat my oë op haar geval
het.Sy het my hand gevat,geglimlag en my na die tafel geneem.Dit het soos n
droom gevoel.
Tot my verbasing,was ons glad nie aleen nie.Daar was vier ander vrouens en
'n groot man wat spiere vir Afrika gehad!
Mary-Jane het my bekend gestel aan die ander vier vrouens en die Johnny
Bravo tweeling... haar kêrel! '
Ahh.Wat presies wil vroumense hê? wil hulle vir jou hê? hoe weet 'n mens
dit?
Lees aan om uit te vind!
Hahaha!! Ek lag nou te lekker.
ReplyDeleteEk dink vrou mense speel met mans se koppe en dit is onaanvaarbaar, want sekere mans probeer so hard, maar die speletjie gaan net aan!
ReplyDeleteWat kan ek nou se? Ja, party vrou mense gee die verkeerde indruk of nee wag, kry mans manet die verkeerde indruk van vrou mense af? Se jy maar vir my. Jy laat my nou so lekker lag. Kan nie wag om meer te lees nie.
ReplyDeleteMans moet ook nie speletjies speel nie want hulle doen die selfde. Dankie vir die oulike storie.
ReplyDelete